Tuin teen Tuin

(Terug na Inhoudsopgawe)

'n Stukkie inligting om oor na te dink:


Skrywer: Onbekend, inligting versprei deur www.bybel.co.za



'n Graf in 'n Tuin:


Is dit dalk waarom blomme grafte dikwels versier?

Blomme verkondig hoop, 'n NUWE LEWE. Die simboliek is inderdaad treffend. Ja, 'n tuin spreek van lewe, selfs na dood en verderwing.

In 'n sekere sin is 'n bedding in 'n tuin self 'n graf. 'n Saad word gesaai, die saad gaan tot niet (sterf), 'n nuwe plantjie, 'n nuwe lewe kom na vore, die verganklike is vervang met onverganklike, die onsterflike - Luk 8. Tereg sê 1Kor 15:36 "Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie".

So was Jesus se graf ook 'n saadbedding van Josef van Arimathea se tuin - Joh 19:38-42. Maar die saad wat daardie laat middag daarin gesaai is, was die LEWE. Hy het immers gesê: "Ek is die Opstanding en die Lewe".

"En in die tuin, 'n nuwe graf." - vers 41 . Ja, Josef se lentetuin het byvoorbaat die boodskap aangekondig: Maak Hom maar dood, balsem Hom, lê Hom maar weg in die graf. Hy sal nie daar gehou word nie, Soos die oënskynlik "dooie" saad oopbreek en nuwe lewe voortbring, sou die graf ook oopgaan en Hy sou opstaan - die verheerlikte, verrese (opgestaan - veral uit die graf) Christus!

Die oënskynlik minder belangrike gegewens het duidelik 'n simboliese (sinnebeeld) betekenis. Hy vertel van Judas: Nadat Jesus hom as sy verraaier uitgewys het, het hy uitgegaan, vers 30 wat sê: "En dit was nag". Johannes impliseer daardeur meer as die donkerte buite - dit het nag geword in Judas se lewe, nag waaroor die son (son van geregtigheid, Mal 4:2 en Ps 84:11) nooit weer sou opkom nie.

So moet Joh 19:41 ook in dieselfde lig gelees word. 'n Graf en 'n tuin het heelwat in gemeen, want die natuur is ook gebonde aan die wet van die dood en verderwing. Sekere tye verwelk en verdroog blare en blomme. Die werklikheid van dood en verganklikheid kan in 'n tuin duidelik gelees en verstaan word.

'n Tuin spreek egter ook van opstanding en nuwe lewe. Jesus is waarskeinlik juis tydens die lente begrawe. Lente in die tuin is vol tekens van nuwe lewe - nuwe blare en blomme, nuwe stingels, lote en plantjies wat deur die grond breek, saad wat uitloop (opstanding). Johannes doen moeite om te sê dat die graf van Jesus in 'n tuin was, 'n tuin wat in die teken van lewe gestaan het.



'n Kruis, 'n Graf en 'n Tuin (Joh 19:38-42):

Johannes is die enigste evangelis wat vertel van 'n tuin naby die kruis.

(Die Tweede Tuin teen die Eerste Tuin)

Besondere gebeure het deur die geskiedenis van die Bybel in tuine afgespeel.

In 'n tuin (Eden) het die DOOD en die graf sy mandaat gekry toe die Eerste Adam aan God se wil en opdrag ongehoorsaam was. In die tuin by Golgota is die DOOD en die graf OORWIN en het die Laaste Adam daaroor getriomfeer - Open 1:18 Nuwe vertaling "Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid, Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood."

In 'n tuin (Eden) het die DOOD sy grootste oorwinning behaal, maar daardie oorwinning in 'n tuin omgekeer. In 'n tuin het die DOOD sy angel gekry; in 'n tuin het Christus die angel verwyder. In die eerste tuin het sonde begin; in die tweede tuin is die sonde oorwin. In die eerste tuin is die mens se sonde gebore / ontvang; in die tweede tuin is dit begrawe.

Die Eerste Adam is uit die tuin in die wildernis verdryf; die Tweede Adam is van die wildernis van verlatenheid en vernedering na die tuin. Christus begin waar Adam geëindig het en Hy eindig waar Adam begin het. Uit die Eerste tuin het Adam die DOOD voortgebring; uit die Tweede tuin bring Jesus lewe voort. Die graf in die tuin is die eindresultaat van die sonde en die dood wat Adam en Eva in die eerste tuin gebring het.

 

Christus se doel was ook om die mens weer met God in die eerste Tuin te versoen, want aan hom wat oorwin, die oorwinning oor die dood en sonde, sal gegee word om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys - die eerste Tuin - van God is. Openbaring 2:7



Terug na Bo